Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Die sprinkaan se bewegingsensitiewe neurone

Die sprinkaan se bewegingsensitiewe neurone

SPRINKANE trek in digte swerms van tot “80 miljoen sprinkane per vierkante kilometer”. Tog bots hulle nie teen mekaar nie. Wat is hulle geheim?

Dink hieraan: Agter elkeen van die sprinkaan se twee saamgestelde oë is daar ’n bewegingsensitiewe neuron. Wanneer dit lyk of ’n botsing sal plaasvind, stuur hierdie neurone boodskappe na die vlerke en bene, wat die sprinkaan vinnig laat reageer. Trouens, sy reaksie is vyf keer vinniger as ’n oogknip.

Wetenskaplikes is deur die sprinkaan se oë en neurone geïnspireer om ’n rekenaarstelsel te ontwikkel wat ’n bewegende robot in staat stel om naderende voorwerpe te bespeur en te vermy, sonder om ingewikkelde radar of infrarooi-opspoorders te gebruik. Navorsers pas hierdie tegnologie toe om voertuie met ’n vinnige en akkurate waarskuwingstelsel toe te rus wat botsings kan verminder. “Ons kan so baie leer by ’n eenvoudige insek soos die sprinkaan”, sê professor Shigang Yue van die Universiteit van Lincoln in die Verenigde Koninkryk.

Wat dink jy? Het die sprinkaan se bewegingsensitiewe neurone deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?