Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP

Hoe het lewe begin?

Hoe het lewe begin?

Hoe sal jy die volgende sin voltooi?

LEWE IS DIE GEVOLG VAN ․․․․․.

  1. EVOLUSIE

  2. DIE SKEPPING

’N MENS sal dalk aanneem dat iemand met ’n wetenskaplike agtergrond “evolusie” sal kies en dat ’n godsdienstige persoon “die skepping” sal kies.

Maar nie altyd nie.

Die feit is, baie geleerde mense—insluitende ’n aantal wetenskaplikes—bevraagteken die geldigheid van die teorie.

Neem byvoorbeeld Gerard, ’n professor in Insektekunde, wat op universiteit oor evolusie geleer het. “Wanneer ek toetse geskryf het”, sê hy, “het ek die antwoorde gegee wat die professors wou hê—maar ek het dit nie geglo nie.”

Waarom vind selfs mense met ’n wetenskaplike agtergrond dit moeilik om te aanvaar dat lewe as gevolg van evolusie ontstaan het? Om die antwoord hierop te vind, kan ons kyk na twee vrae wat baie navorsers dronkslaan: (1) Hoe het lewe begin? en (2) Hoe het lewende dinge ontwikkel?