Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE PAD VAN GELUK

Is jy op die pad van geluk?

Is jy op die pad van geluk?

SIEN JY JOUSELF AS IEMAND WAT GELUKKIG IS? As jou antwoord ja is, wat maak jou gelukkig? Jou familie, jou werk of jou godsdiens? Of dink jy dalk dat iets anders jou gelukkig kan maak, soos om skool klaar te maak, ’n goeie werk te kry of ’n nuwe kar te koop?

Baie mense voel gelukkig wanneer hulle ’n sekere doel bereik of wanneer hulle iets kry wat hulle graag wou hê. Maar hoe lank hou hierdie gevoel? Gewoonlik nie lank nie, en dít kan teleurstellend wees.

Hoe weet jy of jy regtig gelukkig is? Wanneer jy ’n vreugde diep in jou hart voel of selfs net eenvoudig tevrede is. Hierdie gevoel verdwyn nie vinnig nie en jy wil gewoonlik nie hê dit moet ophou nie.

Geluk kan met ’n vakansie vergelyk word. Mense sê soms: “Jou vakansie begin wanneer jy in die kar klim.” Die les? Moenie wag om eers alles te kry wat jy wil hê voordat jy gelukkig kan wees nie, leer om nou tevrede te wees met wat jy het. As jy sê: “Ek sal eers gelukkig wees wanneer . . . ” is jy eintlik besig om geluk uit te stel.

Om te verduidelik, kom ons sê om gelukkig te wees, is soos om gesond te wees. Hoe kan ons op die pad van gesondheid bly? Ons moet goeie besluite maak oor kos, oefening en die manier waarop ons lewe. Net so moet ons goeie besluite maak om op die pad van geluk te bly.

Wat kan jou help om gelukkig te wees? Hier is ’n paar belangrike punte:

  • WEES TEVREDE EN VRYGEWIG

  • LEWE GESOND EN LEER OM NIE OP TE GEE NIE

  • LIEFDE

  • LEER OM TE VERGEWE

  • ’N DOEL IN DIE LEWE

  • HOOP

Kom ons kyk ’n bietjie dieper na hierdie ses punte.