Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kry die feite

Kry die feite

Die probleem

Diskriminasie is gewoonlik op verkeerde inligting gebaseer. Kyk na die volgende voorbeelde:

  • Party werkgewers het verkeerdelik geglo dat vroue nie gekwalifiseerd is vir wetenskaplike of tegniese werke nie.

  • Plaaslike inwoners kan dalk buitelanders valslik daarvan beskuldig dat hulle hulle werk steel.

  • Baie mense kom tot die verkeerde gevolgtrekking dat almal wat gestremd is, ongelukkig of bitter is.

Mense wat hierdie stories glo, gebruik voorbeelde wat hulle diskriminasie ondersteun. En hulle dink dat enigiemand wat nie met hulle saamstem nie, nie veel weet nie.

Bybelwaarheid

“Dit is nie goed vir ’n mens om geen kennis te hê nie.” – SPREUKE 19:2.

Wat beteken dit? As ons nie die feite ken nie, maak ons slegte besluite. As ons stories eerder as feite glo, sal ons die verkeerde idee van mense hê.

Hoe dit help om die feite te ken

As ons die feite oor mense weet, is ons minder geneig om algemene maar verkeerde idees oor hulle te glo. En wanneer ons besef dat ons nie die waarheid oor ’n sekere groep vertel is nie, sal ons heel moontlik verkeerde idees bevraagteken wat ons oor ander groepe mense het.

Wat jy kan doen

  • Mense sê dalk dat ’n groep mense ’n slegte eienskap het, maar onthou dat nie almal in daardie groep hierdie eienskap sal hê nie.

  • Erken dat jy dalk nie alles oor ’n sekere groep mense weet nie.

  • Probeer om die feite by ’n betroubare bron te kry.