Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Nuwe lid van die Bestuursliggaam

’n Nuwe lid van die Bestuursliggaam

Op Woensdagoggend 5 September 2012 is daar vir die Bethelgesinne in die Verenigde State en Kanada aangekondig dat ’n nuwe lid by die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies gevoeg is. Op 1 September 2012 het Mark Sanderson in hierdie hoedanigheid begin dien.

Broer Sanderson is in San Diego, Kalifornië, VSA, deur sy Christenouers grootgemaak en is op 9 Februarie 1975 gedoop. Hy het op 1 September 1983 in Saskatchewan, Kanada, as ’n pionier begin dien. In Desember 1990 het hy in die Verenigde State gegradueer aan die sewende klas van die Bedieningsopleidingskool (nou die Bybelskool vir Ongetroude Broers). Broer Sanderson is in April 1991 aangestel om as ’n spesiale pionier op die eiland Newfoundland, Kanada, te dien. Nadat hy as ’n waarnemende kringopsiener gedien het, is hy genooi om in Februarie 1997 ’n lid van die Bethelgesin in Kanada te word. In November 2000 is hy na die takkantoor in die Verenigde State oorgeplaas, waar hy in Hospitaalinligtingsdienste en later in die Diensafdeling gewerk het.

In September 2008 het broer Sanderson die Skool vir Takkomiteelede bygewoon, en daarna is hy as ’n lid van die Takkomitee in die Filippyne aangestel. In September 2010 is hy genooi om na die Verenigde State terug te keer, waar hy as ’n helper van die Dienskomitee van die Bestuursliggaam gedien het.