Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoe gebed jou kan help

Hoe gebed jou kan help

Pamela was baie siek en het professionele mediese hulp gekry, maar sy het ook tot God gebid vir krag om deur hierdie moeilike situasie te kom. Het gebed haar gehelp?

Pamela het verduidelik: “Gedurende my kankerbehandeling het ek baie keer bang gevoel, maar wanneer ek tot Jehovah God gebid het, het ek kalm gevoel en helder gedink. Ek sukkel nog steeds met chroniese pyn, maar gebed help my om positief te bly. Wanneer mense vir my vra hoe ek voel, sê ek: ‘Ek voel nie lekker nie, maar ek is gelukkig!’”

Ons hoef natuurlik nie te wag totdat ons deur ’n lewensgevaarlike krisis gaan voordat ons bid nie. Ons almal het probleme, groot en klein, en ons voel baie keer dat ons hulp nodig het om dit te hanteer. Kan gebed help?

Die Bybel sê: “Gee jou las vir Jehovah, en hy sal jou ondersteun. Hy sal die regverdige nooit laat val nie” (Psalm 55:22). Dit is so vertroostend. So hoe kan gebed jou help? Wanneer ons tot God op die regte manier bid, sal hy vir ons gee wat ons nodig het om ons probleme te hanteer. – Sien die venster “ Wat gebed jou kan gee”.