Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Die sagmoediges sal die aarde besit”

“Die sagmoediges sal die aarde besit”

Die meeste van ons het al gesien hoe onregverdig die wêreld kan wees en hoe goeie, onskuldige mense deur slegte mense onderdruk word. Sal daar ooit ’n tyd wees wanneer daar nie meer onregverdigheid en goddeloosheid sal wees nie?

Psalm 37 in die Bybel gee die antwoord. Dit gee ook raad wat ons nou kan help. Kyk wat dit oor die volgende belangrike vrae sê.

  • Wat moet ons doen wanneer mense ons onderdruk? — Vers 1, 2.

  • Wat sal met goddelose mense gebeur? — Vers 10.

  • Wat hou die toekoms in vir mense wat doen wat reg is? — Vers 11, 29.

  • Wat moet ons nou doen? — Vers 34.

Die woorde van Psalm 37 wat van God af kom, wys duidelik dat daar ’n blink toekoms wag op diegene wat ‘op Jehovah hoop en sy weg hou’. Jehovah se Getuies sal bly wees om jou te help om die Bybel te studeer en jou te leer wat jy kan doen om daardie toekoms ’n werklikheid te maak vir jou en jou geliefdes.