Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Waarom is dit so moeilik om wêreldvrede tot stand te bring?

Slegs ’n regering wat mense se hart kan verander, sal wêreldvrede tot stand bring

Die Bybel gee twee hoofredes. Eerstens, hoewel die mens al wonderlike dinge bereik het, is hy nie geskep met die vermoë om sy eie voetstappe te rig nie. Tweedens, mensepogings misluk, want “die hele wêreld lê in die mag van die bose”, Satan die Duiwel. Daarom kon die mens nie daarin slaag om wêreldvrede tot stand te bring nie.—Lees Jeremia 10:23; 1 Johannes 5:19.

Die mens se eiebelang en ambisie het dit ook moeilik gemaak om wêreldvrede tot stand te bring. Slegs ’n wêreldregering wat mense kan leer om lief te wees vir wat reg is en om vir mekaar om te gee, sal wêreldvrede ’n werklikheid laat word.—Lees Jesaja 32:17; 48:18, 22.

Wie sal vrede op die aarde tot stand bring?

God die Almagtige het belowe om een regering daar te stel wat oor die hele mensdom heers. Dit sal menseregerings vervang (Daniël 2:44). God se Seun, Jesus, sal as die Vredevors regeer. Hy sal boosheid van die hele aarde af verwyder en mense die weg van vrede leer.—Lees Jesaja 9:6, 7; 11:4, 9

Onder Jesus se leiding gebruik miljoene regoor die wêreld reeds God se Woord, die Bybel, om mense te leer hoe om in vrede met ander te lewe. Wêreldvrede sal binnekort ’n werklikheid wees.—Lees Jesaja 2:3, 4; 54:13.