Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Is dit moontlik om vir ewig te lewe?

Watter voorsiening kan ons van die dood bevry?

Die eerste mens, Adam, het eeue lank gelewe. Maar hy het uiteindelik oud geword en gesterf. Sedertdien doen mense alles in hulle vermoë om die verouderingsproses te keer. Maar niemand het dit nog ooit reggekry om die dood vry te spring nie. Waarom nie? Adam het oud geword en gesterf omdat hy gesondig het deur aan God ongehoorsaam te wees. Ons word oud omdat ons sonde en die straf daarvoor, die dood, van Adam geërf het.—Lees Genesis 5:5; Romeine 5:12.

Ons kan slegs vir ewig lewe as iemand ’n losprys vir ons betaal (Job 33:24, 25). ’n Losprys is die prys wat betaal word om iemand te bevry, en in ons geval moet ons van die dood bevry word (Eksodus 21:29, 30). Jesus het hierdie prys betaal toe hy vir ons gesterf het.—Lees Johannes 3:16.

Hoe kan ons die ewige lewe verkry?

Nie almal sal van siekte en veroudering bevry word nie. Trouens, mense wat aan God ongehoorsaam is, soos Adam was, sal die voorreg om te lewe, verloor. Slegs mense wie se sondes vergewe word, sal vir ewig lewe.—Lees Jesaja 33:24; 35:3-6.

Ons moet iets doen om vergifnis te verkry. Ons moet God leer ken deur sy Woord, die Bybel, te bestudeer. Dit leer ons hoe om ’n beter lewe te lei en ook hoe om God se guns en die ewige lewe te verkry.—Lees Johannes 17:3; Handelinge 3:19.