Spring na inhoud

Kan die Duiwel mense beheer?

Kan die Duiwel mense beheer?

Die Bybel se antwoord

 Die Duiwel en die demone beïnvloed die mensdom in so ’n mate dat die Bybel sê: “Die Bose beheer die hele wêreld” (1 Johannes 5:​19, New Century Version). Die Bybel identifiseer maniere waarop die Duiwel sy invloed op mense uitoefen.

  •   Misleiding. Die Bybel spoor Christene aan om “teen die duiwel se bose sette te stry” (Efesiërs 6:​11, NCV). Een van sy sette is om mense te mislei sodat hulle glo dat sy agente eintlik knegte van God is.​—2 Korintiërs 11:13-15.

  •   Spiritisme. Die Duiwel mislei mense deur middel van geestemediums, fortuinvertellers en diegene wat waarsêery en astrologie beoefen (Deuteronomium 18:10-12). Dwelmmisbruik, hipnose en meditasietegnieke wat die verstand leegmaak, stel ’n persoon ook bloot aan demoonbeheer.—Lukas 11:24-26.

  •   Valse godsdiens. Godsdienste wat valse leerstellings leer, mislei mense sodat hulle aan God ongehoorsaam is (1 Korintiërs 10:20). Die Bybel noem sulke valse opvattings “leringe van demone”.—1 Timoteus 4:1.

  •   Besetenheid. Die Bybel meld gevalle waar bose geeste beheer oor persone oorgeneem het. Soms is demoonbesetenes met blindheid of stomheid geslaan of het hulle hulleself beseer.—Matteus 12:22; Markus 5:2-5.

Hoe om die Duiwel se invloed te vermy

 Jy hoef nie in vrees vir demoonbeheer te lewe nie, want die Bybel toon hoe jy die Duiwel suksesvol kan teëstaan:

  •   Leer hoe om die Duiwel se metodes te identifiseer sodat jy nie “onkundig omtrent sy planne” is nie.—2 Korintiërs 2:11.

  •   Neem Bybelkennis in, en pas dan toe wat jy leer. Die toepassing van Bybelbeginsels sal jou teen die invloed van die Duiwel beskerm.—Efesiërs 6:11-18.

  •   Raak ontslae van enigiets wat met demoonbedrywighede verband hou (Handelinge 19:19). Dit sluit musiek, boeke, tydskrifte, plakkate en video’s in wat spiritisme bevorder.