Spring na inhoud

Bestaan demone werklik?

Bestaan demone werklik?

Die Bybel se antwoord

 Ja. Demone is “engele . . . wat gesondig het”, geesskepsele wat teen God in opstand gekom het (2 Petrus 2:4). Die eerste engel wat van homself ’n demoon gemaak het, is Satan die Duiwel, wat die Bybel “die heerser van die demone” noem.—Matteus 12:24, 26.

Opstand in Noag se dag

 In die Bybel lees ons van ’n opstand deur engele voor die Vloed van Noag se dag: “Die seuns van die ware God [het] die dogters van die mense begin opmerk, dat hulle mooi is; en hulle het vir hulle vrouens geneem, naamlik almal wat hulle verkies het” (Genesis 6:2). Daardie goddelose, of gevalle, engele het “hulle eie gepaste woonplek” in die hemel verlaat en vleeslike liggame aangeneem om seks met vroue te hê.—Judas 6.

 Toe die Vloed kom, het die opstandige engele hulle vleeslike liggame agtergelaat en teruggekeer hemel toe. Maar God het hulle uit sy gesin verban. As deel van hulle straf kan die demone nooit weer menseliggame aanneem nie.—Efesiërs 6:11, 12.