Spring na inhoud

Bestaan die Duiwel werklik?

Bestaan die Duiwel werklik?

Die Bybel se antwoord

 Ja, die Duiwel bestaan werklik. Hy is “die heerser van die wêreld”, ’n geesskepsel wat goddeloos geword het en teen God in opstand gekom het (Johannes 14:30; Efesiërs 6:11, 12). Die Bybel openbaar die Duiwel se persoonlikheid deur middel van hierdie name en beskrywings:

Nie ’n beginsel of hoedanigheid van boosheid nie

 Party beskou Satan die Duiwel as net ’n beginsel of hoedanigheid van boosheid wat in ons is. Maar die Bybel meld ’n gesprek tussen God en Satan. God is volmaak; dus kon hy nie met ’n bose deel van homself gepraat het nie (Deuteronomium 32:4; Job 2:1-6). En Satan het Jesus versoek, wat sonder sonde is (Matteus 4:8-10; 1 Johannes 3:5). Die Bybel toon dus dat die Duiwel werklik bestaan en nie net ’n verpersoonliking van boosheid is nie.

 Moet dit ons verbaas dat baie mense nie glo dat die Duiwel werklik bestaan nie? Glad nie, want die Bybel sê dat Satan bedrog gebruik om sy doelwitte te bereik (2 Tessalonisense 2:9, 10). Een van sy vernaamste sette is dat hy mense laat glo dat hy nie bestaan nie.—2 Korintiërs 4:4.

Nog wanopvattings oor die Duiwel

  Mite: Lucifer is nog ’n naam vir die Duiwel.

 Feit: Die Hebreeuse woord wat in party Bybels as “Lucifer” vertaal word, beteken “glansende” (Jesaja 14:12). Die konteks toon dat hierdie woord verwys na die dinastie, of lyn van konings, van Babilon, wat deur God verneder sou word weens hulle verwaandheid (Jesaja 14:4, 13-20). Die term “glansende” is gebruik om die Babiloniese dinastie te bespot nadat dit omvergewerp is.

  Mite: Satan werk vir God as ’n “openbare aanklaer”.

 Feit: Die Duiwel is God se vyand, nie sy kneg nie. Satan die Duiwel staan aanbidders van God teë en beskuldig hulle valslik.—1 Petrus 5:8; Openbaring 12:10.