Spring na inhoud

Hoe lyk die Duiwel?

Hoe lyk die Duiwel?

Die Bybel se antwoord

 Die Duiwel is ’n onsigbare geespersoon, wat beteken dat hy nie ’n fisiese liggaam het nie. – Efesiërs 6:11, 12.

 Baie kunstenaars het die Duiwel al geteken as ’n bok met horings, ’n stert en ’n vurk. Party mense glo dat sulke prentjies van die Duiwel die eerste keer geteken is deur kunstenaars wat meer as ’n 1 000 jaar gelede gelewe het. En hierdie kunstenaars is heel moontlik beïnvloed deur eertydse mitologie en verhale wat van generasie tot generasie oorgedra is.

 Hoe beskryf die Bybel die Duiwel?

 Die Bybel beskryf die Duiwel op verskillende maniere. Dit help ons om sy persoonlikheid te verstaan, nie hoe hy lyk nie. ’n Paar van die beskrywings sluit in:

  •   ’n Engel van lig. Hy maak asof hy iets goeds aanbied sodat hy mense kan kry om sy leringe te volg eerder as God s’n. – 2 Korintiërs 11:14.

  •   ’n Brullende leeu. Hy val God se aanbidders wreed aan. – 1 Petrus 5:8.

  •   ’n Groot draak. Hy is skrikwekkend, kragtig en veroorsaak baie skade. – Openbaring 12:9.