Spring na inhoud

Sê die Bybel iets oor huwelike tussen mense van dieselfde geslag?

Sê die Bybel iets oor huwelike tussen mense van dieselfde geslag?

Die Bybel se antwoord

 Lank voordat regerings die instelling van die huwelik begin reguleer het, het ons Skepper reëls in verband met die huwelik ingestel. Die eerste boek van die Bybel sê vir ons: “’n Man [sal] sy vader en sy moeder verlaat, en hy sal sy vrou aankleef en hulle sal een vlees word” (Genesis 2:24). Die Hebreeuse woord vir “vrou,” volgens Vine’s Expository Dictionary of Biblical Words, “verwys na iemand van die vroulike geslag.” Jesus het bevestig dat dié wat in die huwelik onder een juk saamgevoeg word, “man en vrou” moet wees.—Matteus 19:4.

 Dit was dus God se voorneme dat die huwelik ’n permanente, intieme band tussen ’n man en ’n vrou moet wees. Mans en vroue is gemaak om mekaar aan te vul sodat hulle mekaar se emosionele en seksuele behoeftes kan bevredig en kinders kan voortbring.