Spring na inhoud

Waarom praat Jehovah se Getuies met persone al het hulle voorheen gesê “Ek stel nie belang nie”?

Waarom praat Jehovah se Getuies met persone al het hulle voorheen gesê “Ek stel nie belang nie”?

 Jehovah se Getuies is lief vir God en hulle naaste, en daarom geniet hulle dit om die Bybel se boodskap aan alle mense bekend te maak, insluitende dié wat voorheen gesê het “Ek stel nie belang nie” (Matteus 22:37-39). Liefde vir God beweeg ons om gehoorsaam te wees aan sy Seun se opdrag “om ’n deeglike getuienis” te gee (Handelinge 10:42; 1 Johannes 5:3). Om dit te doen, verkondig ons God se boodskap herhaaldelik aan mense, net soos God se eertydse profete gedoen het (Jeremia 25:4). Omdat ons lief is vir ons naaste, probeer ons die lewensreddende “goeie nuus van die koninkryk” aan almal verkondig, insluitende diegene wat eers nie belanggestel het nie.—Matteus 24:14.

 Ons vind dikwels iemand wat belangstel wanneer ons terugkeer na huise waar niemand voorheen belanggestel het nie. Kyk na drie redes:

  •   Mense trek weg.

  •   Ander mense in die huis toon belangstelling in ons boodskap.

  •   Mense verander. Wêreldgebeure of persoonlike omstandighede maak party mense meer “bewus . . . van hulle geestelike behoefte” en laat hulle in die Bybel se boodskap belangstel (Matteus 5:3). Soos die apostel Paulus, kan selfs diegene wat voorheen gekant was teen die boodskap, hulle gesindheid verander.—1 Timoteus 1:13.

 Nietemin dwing ons niemand om na ons boodskap te luister nie (1 Petrus 3:15). Ons glo dat elke persoon sy eie besluit oor aanbidding moet neem.—Deuteronomium 30:19, 20.