Spring na inhoud

Glo Jehovah se Getuies dat hulle die enigste ware godsdiens is?

Glo Jehovah se Getuies dat hulle die enigste ware godsdiens is?

 Mense wat ernstig is oor godsdiens, behoort te glo dat die godsdiens wat hulle gekies het, God en Jesus se goedkeuring wegdra. Waarom sou hulle dan andersins daarby betrokke wees?

 Jesus Christus het nie saamgestem met die beskouing dat daar baie godsdienste, of paaie, is wat almal na redding lei nie. Hy het eerder gesê: “Nou is die poort en smal is die pad wat na die lewe lei, en dié wat dit vind, is min” (Matteus 7:14). Jehovah se Getuies glo dat hulle daardie pad gevind het. Anders sou hulle na ’n ander godsdiens gesoek het.