Spring na inhoud

Warwick-fotogalery 4 (Mei tot Augustus 2015)

Warwick-fotogalery 4 (Mei tot Augustus 2015)

Kyk in hierdie fotogalery hoe die werk aan die nuwe hoofkwartier van Jehovah se Getuies vorder en hoe vrywilligers tussen Mei en Augustus 2015 met die bouwerk gehelp het.

’n Voorstelling van die voltooide Warwick-kompleks. Kloksgewys van bo links:

  1. Voertuiginstandhoudingsgebou

  2. Besoekersparkering

  3. Instandhoudingsgebou/Inwonersparkering

  4. Woongebou B

  5. Woongebou D

  6. Woongebou C

  7. Woongebou A

  8. Kantore/Dienstegebou

6 Mei 2015—Warwickbouterrein

’n Takelaar maak gereed om ’n siftingstoestel in die Sterling Forest-meer (Blue Lake) te laat sak. Die toestel sal voorkom dat stukke boumateriaal by die laagliggende monding van die meer ingaan.

6 Mei 2015—Instandhoudingsgebou/Inwonersparkering

Die strukturele span gebruik spuitbeton op die dakrelings van die Instandhoudingsgebou. Hierdie metode is vinniger as die gebruiklike metodes waartydens aangemaakte beton gebruik word.

15 Mei 2015—Warwickbouterrein

’n Fotograaf in die Dokumentasie-afdeling neem foto’s van die bouwerk. Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies kyk elke week na foto’s om te sien hoe die projek vorder.

30 Mei 2015—Tuxedo

Twee vrywilligers van Suid-Kalifornië kom om in die Loodgietersafdeling te werk. Hulle was onder die honderde vrywilligers wat daardie dag na Tuxedo, die voorbereidingsterrein vir die bouwerk by Warwick, gekom het. Op 1 Augustus het ’n rekordgetal van 707 nuwe werkers gekom om met die projek te help.

9 Junie 2015​—Woongebou B

Kontrakteurs gebruik ’n hyskraan om ’n buitemuurpaneel in plek te plaas. Woongebou B was die laaste woongebou waar die muurpanele en vensters geïnstalleer is.

16 Junie 2015​—Woongebou C en D

Die brug wat woongebou C en D met mekaar verbind, word deur kontrakteurs geïnstalleer.

25 Junie 2015​—Woongebou C

Landskapargitekte lê gras aan die westelike kant van die terrein.

2 Julie 2015—Warwickbouterrein

Die strukturele span is besig met opknappingswerk aan die hoofoorloop, wat saam met die dam werk. Die oorspronklike struktuur is in die 1950’s gebou. Die opknappingswerk maak voorsiening vir die groter storms en hoër reënval wat die gebied nou ondervind en beskerm dus die Warwickbouterrein en omliggende eiendomme teen vloedskade.

15 Julie 2015​—Woongebou A

Om te voorkom dat daar te veel werkers op een slag op die bouterrein is, word die werk aan die binnekant, soos verfwerk en isolering van pype, tot saans laat gedoen. Tydens die tweede skof moes honderde werkers van 3:00 nm. tot 2:00 vm. werk.

20 Julie 2015​—Woongebou D

’n Lid van die HVAC-span lei ’n ander werker op om pype te isoleer.

21 Julie 2015​—Woongebou B

Die brug wat Woongebou B met die Instandhoudingsgebou verbind, word geverf.

27 Julie 2015—Tuxedo

In die agterste parkeerterrein wag talle werkers vir vervoer na Warwick. ’n Vloot busse vervoer werkers na en van die bouterrein.

27 Julie 2015—Tuxedo

Drie van die werkers by Warwick se hare word gesny. Meer as 400 werkers se hare word elke week gesny in die haarsalon by Tuxedo, Warwick, en die pakhuis in Montgomery.

3 Augustus 2015—Warwick

Gietvorms word in plek gesit om beton by die geotermiese veld te gooi. Daar word 120 skagte wat sowat 150 meter diep is, gebruik wat aanvullende verhitting in die winter en verkoeling in die somer sal bied. Geotermiese energie verlaag koste asook die omgewingsvoetspoor van die terrein.

7 Augustus 2015— Montgomery, New York

Voorraad word ontvang van verskaffers en dan vir spesifieke take verpak vir die Warwickbouterrein.

14 Augustus 2015​—Tuxedopark, New York

Twee van die werkers by Warwick (tweede en derde van regs) geniet ’n maaltyd saam met ’n plaaslike gesin. Verskeie gesinne van Jehovah se Getuies, soos hierdie een, het huisvesting voorsien vir vrywilligers wat aan die projek werk.

17 Augustus 2015—Instandhoudingsgebou/Inwonersparkering

’n Werker gaan hoogtegrade na met behulp van ’n outomatiese waterpas.

20 Augustus 2015​—Kantore/Dienstegebou

Vensters is in die hoofportaal geïnstalleer waar besoekers vir toere sal aanmeld.

26 Augustus 2015—Warwickbouterrein

Tussen Mei en Augustus is muurpanele en dakke voltooi van Woongebou B, die finale woongebou. Alle voetgangerbrûe tussen geboue is geïnstalleer en verskeie tuinuitlegprojekte is begin.