Spring na inhoud

Die Administratiewe Hooggeregshof van Swede, waar die verhore gehou was

18 DESEMBER 2019
SWEDE

Swede beslis dat Jehovah se Getuies ’n godsdiensgemeenskap is wat bydra tot die samelewing

Swede beslis dat Jehovah se Getuies ’n godsdiensgemeenskap is wat bydra tot die samelewing

Vanaf 1 Januarie 2000 gee die Sweedse regering finansiële bystand aan godsdiensorganisasies onder die wet die Ondersteuning van Godsdiensgemeenskappe. Dit word net gegee aan ’n godsdiensgroep wat “bly by die basiese waardes wat nodig is vir mense om saam te woon en werk en wat dit versterk. Hulle moet ook stabiel wees en ’n aktiewe rol in die gemeenskap speel.”

Hoewel Swede finansiële bystand aan die meeste godsdienste van 2007 af gegee het, het dit herhaaldelik geweier om fondse aan Jehovah se Getuies te gee. Die regering het ’n probleem met ons geloofsoortuigings oor politieke neutraliteit.

Omdat ons broers geen ander keuse gehad het nie, het hulle die Sweedse regering op drie verskillende kere hof toe gevat. Elke keer het die Administratiewe Hooggeregshof beslis dat die regering se besluit om nie vir ons organisasie finansiële bystand te gee nie, onwettig is en dat dit weer oorweeg moet word.

Op 24 Oktober 2019 het die Sweedse regering uiteindelik sy besluit verander en gesê dat Jehovah se Getuies “aan alle regsvereistes voldoen” om finansiële bystand van die Staat te kry.

Dieselfde situasie het onlangs in Noorweë opgekom. Hierdie regering gee gereeld finansiële bystand aan alle godsdienste, insluitende Jehovah se Getuies. Maar in die afgelope paar maande is die regering gevra om weer te kyk of Jehovah se Getuies finansiële bystand moet kry omdat hulle polities neutraal is. In antwoord hierop het ons broers akkurate inligting oor ons beskouing van politieke neutraliteit aan die Noorweegse regering gegee. Hulle het ook afskrifte van die gunstige beslissings deur die Administratiewe Hooggeregshof van Swede vir die regering gegee, asook afskrifte van gunstige beslissings in soortgelyke situasies deur howe en administratiewe organisasies in Duitsland en Italië.

Ons is bly dat die Noorweegse regering op 18 November 2019 beslis het dat Jehovah se Getuies nog steeds finansiële bystand van die Staat moet kry. Die volgende is in die uitspraak gesê: “Om in ’n verkiesing te stem, is ’n basiese reg van ’n Noorweegse burger, maar dit is nie ’n verpligting nie. Dit lyk asof dit deel is van Jehovah se Getuies se geloofsoortuigings om nie te stem nie. . . . [Die regering] stem saam dat . . . die wet nie sê dat dit ’n goeie rede is om nie finansiële bystand [aan Jehovah se Getuies] te gee nie.”

Broer Dag-Erik Kristoffersen, wat by die takkantoor van Skandinawië werk, sê oor hierdie beslissings: “Ons is bly dat die regering dink dat ons goeie dinge in die gemeenskap doen. Ons hoop dat ander lande wat soortgelyke voorsienings maak, kennis sal neem van hierdie uitspraak.” Ons is veral dankbaar teenoor Jehovah, die Allerhoogste Wetgewer. – Jesaja 33:22.