Spring na inhoud

Die verwoesting wat deur sikloon Idai veroorsaak is buite Beira, Mosambiek

27 MAART 2019
WÊRELDNUUS

Sikloon Idai tref Suidoos-Afrika

Sikloon Idai tref Suidoos-Afrika

Op Donderdag 14 Maart 2019 het sikloon Idai Mosambiek getref en verdere verwoesting in Malawi en Zimbabwe veroorsaak. Dit word beskou as een van die ergste siklone wat die Suidelike Halfrond nog getref het. Die sikloon het paaie, huise en geboue vernietig en meer as 2,6 miljoen mense is hierdeur geraak. Ons weet dat ten minste 200 mense dood is. Ongelukkig het twee susters en twee ongedoopte kinders in Mosambiek gesterf. In Zimbabwe het ’n 14-jarige broer gesterf toe ’n modderstorting sy huis vernietig het.

Die Inhamízua-koninkryksaal in Mosambiek wat baie erg beskadig is deur sikloon Idai

Volgens die takkantoor in Mosambiek is baie van ons broers se huise en Koninkryksale beskadig of vernietig. In Zimbabwe het die takkantoor laat weet dat 15 van ons broers se huise en 2 Koninkryksale beskadig is. Die takkantoor in Malawi het laat weet dat 764 van ons broers se huise vernietig is en 201 beskadig is. Twee Koninkryksale is ook beskadig. Altesaam ses noodlenigingskomitees, twee in Mosambiek en vier in Malawi, is gevorm om die noodlenigingswerk te organiseer.

Groot takke ondersteun die dakke van twee van ons broers se huise in Malawi nadat die mure ineengestort het

Ons is baie hartseer oor ons broers en susters wat so swaarkry as gevolg van hierdie natuurramp. Ons bid dat al die verkondigers wat hierdeur geraak is, sal aanhou om op Jehovah te vertrou om hulle die vrede te gee wat hulle nodig het. – Romeine 15:13.