Spring na inhoud

Voertuie is op ’n nasionale pad in Houston, Texas agtergelaat

2 OKTOBER 2019
VERENIGDE STATE

Tropiese storm veroorsaak oorstromings in suidooste van Texas

Tropiese storm veroorsaak oorstromings in suidooste van Texas

Gedurende die week van 16 September 2019 het die tropiese storm Imelda dele van die suidooste van Texas oorstroom. In net ’n paar dae het daar meer as 102 cm reën geval. Volgens deskundiges het hierdie storm meer reën veroorsaak as amper enige ander storm wat die Verenigde State getref het. Ná die storm is daar honderde voertuie op nasionale en ander paaie agtergelaat. Baie inwoners moes hulle huise verlaat.

Volgens inligting van die takkantoor in die Verenigde State is nie een van die 29 649 broers beseer of dood wat in die gebiede bly wat deur die storm geraak is nie. Maar 114 verkondigers moes hulle huise verlaat. Daar is ook 145 huise van ons broers beskadig. Tien Koninkryksale is ook beskadig.

’n Noodlenigingskomitee is deur die takkantoor aangestel en werk saam met plaaslike kringopsieners en ouermanne. Hulle is besig om vas te stel hoeveel skade daar is en ook om noodlenigingspogings te organiseer. Ons weet dat Jehovah ons broers sal ondersteun, aangesien sy “lojale liefde . . . tot by die hemel [strek]”. – Psalm 36:5.