Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die stad Toledo is ’n goeie voorbeeld van hoe ryk die geskiedenis en kultuur van Spanje is. Dit het in 1986 ’n Wêrelderfenisgebied geword en is ’n gewilde bestemming vir toeriste

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Spanje

’n Besoek aan Spanje

SPANJE is ’n land van groot verskeidenheid. Dit kan in die natuur en in die mense gesien word. Koringlande, wingerde en olyfboorde bedek die grootste deel van Spanje. Aan die suide is die see tussen Spanje en Afrika net 14 km breed.

Baie volke het na hierdie deel van Europa getrek. Hulle het gekom van Fenisië, Griekeland en Kartago, ’n stad in Noord-Afrika. Toe die Romeine hierdie gebied 2 300 jaar gelede oorgeneem het, het hulle dit Hispania genoem. Die land se kultuur is daarna ook deur ander nasies soos die Wes-Gote en die More beïnvloed.

In 2015 het meer as 68 miljoen mense Spanje besoek. Die meeste mense kom om die sonskyn en goue strande te geniet. Ander waardeer weer die kunstige en geskiedkundige skatte asook die mooi geboue. Die heerlike Spaanse kos lok ook baie besoekers. Tipiese geregte sluit in seekos, gerookte ham, geurige bredies, slaaie en groente wat met olyfolie gegeur of gekook word. Spaanse omelette, paella en tapas is wêreldwyd bekend.

Mariscada is ’n tipiese seekos-gereg

Flamenco-dans

Spanjaarde is vriendelike mense wat graag saam met ander kuier. Die meeste sê dat hulle Rooms-Katoliek is, maar redelik min van hulle woon die misdiens by. In onlangse jare het baie mense van Afrika, Asië en Latyns-Amerika na Spanje getrek. Hulle geniet dit om oor hulle godsdiens en tradisies te praat. Jehovah se Getuies het gereeld interessante gesprekke met hulle en kon baie help om te leer wat die Bybel oor verskillende onderwerpe sê.

In 2015 het meer as 10 500 Getuies gehelp om 70 plekke van aanbidding (Koninkryksale) te bou of te herstel. Munisipaliteite het grond vir party van hierdie projekte geskenk. Omdat daar soveel mense van ander lande is, hou Jehovah se Getuies vergaderinge in Spaans en meer as 30 ander tale. In 2016 het meer as 186 000 mense ’n spesiale vergadering bygewoon om Jesus se dood saam met Jehovah se Getuies te herdenk.