Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONS BESKOU DIE WÊRELD

Die Amerikas in die kollig

Die Amerikas in die kollig

Nuus uit die Westelike Halfrond toon die waarde van die Bybel se tydlose wysheid.

Sal jy minder stres hê as jy minder kyk of jy e-posse het?

Volgens navorsing wat in Vancouver, Kanada, gedoen is, sal mense moontlik minder stres hê as hulle net drie keer per dag kyk of hulle e-posse het eerder as om kort-kort te kyk. Kostadin Kushlev, wat die studie gelei het, sê in verband met sy gevolgtrekkings: “Mense vind dit moeilik om die versoeking te weerstaan om te kyk of hulle e-posse het, en tog verminder dit hulle stres as hulle hierdie versoeking weerstaan.”

IETS OM OOR NA TE DINK: Ons leef in “kritieke tye . . . wat moeilik is om deur te kom”. Behoort ons dan nie na maniere te soek om stres te verminder nie?—2 Timoteus 3:1.

Herstel van oorbevissing

’n Verslag aan die Natuurbewaringsvereniging (NBV) sê dat daar “opgetekende gevalle is wat toon dat die getalle van skulpdiere, krewe en visbevolkings toegeneem het” in gebiede in Belize en die Karibiese See, waar mense nie toegelaat word om enige van die natuurlike hulpbronne te ontgin nie. Die verslag voeg by: “Dit kan sowat 1-6 jaar neem vir spesies wat uitgebuit is om in hierdie gebiede te herstel teenoor gebiede waar jy mag visvang, maar volle herstel . . . kan dekades neem.” Janet Gibson, ’n programdirekteur van die NBV, het omtrent Belize gesê: “Dit is duidelik dat die beperkings in hierdie gebiede kan help om die land se visbedryf en biodiversiteit aan te vul.”

IETS OM OOR TE DINK: Bewys die natuur se vermoë om te herstel dat ’n wyse Skepper bestaan?—Psalm 104:24, 25.

Geweld in Brasilië

Die nuusdiens Agência Brasil sê dat geweld in Brasilië toeneem. In 2012 was daar meer as 56 000 moorde—die hoogste jaarlikse syfer wat nog ooit deur die Departement van Gesondheid opgeteken is. Die openbare veiligheidspesialis, Luís Sapori, glo dat die toename ’n teken van sedelike verval is. Sodra mense respek vir die wette van ’n beskaafde gemeenskap verloor, “begin hulle geweld gebruik om hulle sin te kry”, het hy gesê.

HET JY GEWEET? Die Bybel het ’n tyd voorspel wanneer liefde sou “verkoel” en wetteloosheid sou toeneem.—Matteus 24:3, 12.