Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die wonder-element

Die wonder-element

“Geen element is noodsaakliker vir lewe as koolstof nie”, sê die boek Nature’s Building Blocks. Koolstof het unieke eienskappe wat dit in staat stel om met homself en baie ander chemiese elemente te verbind. Miljoene verbindings word dus gevorm en daar word voortdurend nog ontdek of kunsmatig vervaardig.

Die voorbeelde wat hier gegee word, toon dat koolstofatome ook kan verbind om verskeie vorms te vorm, insluitende kettings, piramides, ringe, plate en buise. Koolstof is beslis ’n wonder-element!

DIAMANT

Koolstofatome vorm viervlakkige piramides wat veroorsaak dat die struktuur uiters stewig is; dit maak diamant die hardste natuurlike stof waarvan ons weet. ’n Suiwer diamant bestaan hoofsaaklik uit ’n enkele molekule van koolstofatome.

GRAFIET

Styfgebinde koolstofatome is in lae uitgelê wat losweg aan mekaar verbind is en kan maklik van mekaar afgly soos velle papier op ’n stapel. Omdat grafiet hierdie eienskappe het, is dit ’n goeie smeermiddel en ’n belangrike verbinding in loodpotlode. *

GRAFIEN

Grafien is een laag koolstofatome wat in ’n heksagonale netwerk gerangskik is. Dit het ’n breekweerstand wat baie sterker is as dié van staal. ’n Potloodstreep het moontlik klein hoeveelhede grafien in een laag of baie lae.

FULLERENE

Hierdie leë koolstofmolekules kom voor in vorms soos mikroskopiese balle en buise wat nanobuise genoem word. Dit word gemeet in nanometers, of miljardstes van ’n meter.

LEWENDE ORGANISMES

Plante, diere en mense bestaan uit baie selle wat gebou is op ’n raamwerk van koolstof—’n element wat voorkom in koolhidrate, vette en aminosure.

“[God se] onsigbare eienskappe word . . . waargeneem . . . in die dinge wat gemaak is.”—Romeine 1:20.

^ par. 7 Sien die artikel “Het enigiemand ’n potlood?” in die Ontwaak! van Julie 2007.