Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons liefdevolle Skepper gee vir ons om

Ons liefdevolle Skepper gee vir ons om

1. ONS SKEPPER LAAT DIE SON OPKOM

Kan jy jou indink hoe lewe op die aarde sal wees sonder sonlig? Die son gee energie aan bome sodat dit blare, blomme, vrugte, neute en sade kan kry. Die son help ook dat bome water uit die grond deur hulle wortels opneem. Die water beweeg dan na die blare en verdamp in die lug.

2. ONS SKEPPER LAAT DIT REËN

Reën is ’n kosbare geskenk van God wat dit vir die aarde moontlik maak om kos vir ons te voorsien. God gee ons reën uit die hemel, vrugbare seisoene, oorgenoeg kos en ’n hart vol blydskap.

3. ONS SKEPPER VOORSIEN KOS EN KLERE

Baie pa’s is onder druk omdat hulle genoeg kos en klere vir hulle gesinne wil voorsien. Let op wat die Skrif sê: “Hou die voëls van die hemel goed dop. Hulle saai nie saad nie en hulle oes nie en hulle maak nie in voorraadskure bymekaar nie, maar tog sorg julle hemelse Vader dat hulle kos het. Is julle nie meer werd as hulle nie?” – Matteus 6:25, 26.

“Leer ’n les by die lelies van die veld, hoe hulle groei . . . , maar ek sê vir julle dat nie eers [koning] Salomo met al sy prag en rykdom soos een van hulle geklee was nie. As God dan die plantegroei van die veld so klee, . . .  sal hy julle nie veel eerder klee nie?” – Matteus 6:28-30.

Omdat God kos en klere aan ons kan voorsien, kan hy ons ook help om ander basiese behoeftes in die lewe te kry. As ons hard werk om God se wil te doen, kan hy ons pogings seën om kos te groei. Hy kan ons ook help om werk te kry sodat ons kan koop wat ons nodig het. – Matteus 6:32, 33.

Wanneer ons na die son, reën, voëltjies en blomme kyk, het ons goeie rede om God lief te hê. Die volgende artikel sal wys hoe ons Skepper met die mens gekommunikeer het.