Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding tot Deel 10

Inleiding tot Deel 10

Jehovah is Koning oor alles. Hy was nog altyd in beheer, en hy sal altyd in beheer wees. Byvoorbeeld, toe Jeremia in ’n put gegooi is, het Jehovah sy lewe gered. En hy het Sadrag, Mesag en Abednego uit ’n brandende vuuroond gered, en Daniël uit die bekke van leeus. Jehovah het Ester beskerm sodat sy haar hele nasie kon red. Hy sal nie toelaat dat goddeloosheid vir ewig aanhou nie. Die profesieë van die groot beeld en die yslike boom verseker ons daarvan dat Jehovah se Koninkryk binnekort alle goddeloosheid sal verwyder en oor die aarde sal regeer.

IN HIERDIE GEDEELTE

LES 57

Jehovah stuur Jeremia om te preek

Wat hierdie jong profeet gesê het, het die ouer manne van Juda baie kwaad gemaak.

LES 58

Jerusalem word vernietig

Die mense van Juda hou aan om valse gode te aanbid, en daarom verlaat Jehovah hulle.

LES 59

Vier seuns wat aan Jehovah gehoorsaam was

Jong seuns van Juda is vasbeslote om getrou aan Jehovah te bly, selfs in die paleis van Babilon.

LES 60

’n Koninkryk wat vir ewig sal bestaan

Daniël verduidelik die betekenis van Nebukadnesar se vreemde droom.

LES 61

Hulle het geweier om neer te buig

Sadrag, Mesag en Abednego weier om die koning van Babilon se goue beeld te aanbid.

LES 62

’n Koninkryk soos ’n groot boom

Nebukadnesar se droom voorspel sy eie toekoms.

LES 63

Die skrif teen die muur

Wanneer verskyn hierdie vreemde skrif, en wat beteken dit?

LES 64

Daniël in die leeukuil

Bid elke dag tot Jehovah, net soos Daniël gedoen het!

LES 65

Ester red haar volk

Al was sy ’n vreemdeling in die land, het hierdie weeskind die koningin geword.

LES 66

Esra het God se Wet aan ander geleer

Nadat die Israeliete na Esra geluister het, het hulle ’n spesiale belofte aan God gemaak.

LES 67

Die mure van Jerusalem

Nehemia het gehoor dat sy vyande ’n aanval beplan. Hoekom was hy nie bang nie?