Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | WIE IS JEHOVAH SE GETUIES?

Waarom preek ons?

Waarom preek ons?

Ons vernaamste kenmerk is moontlik ons wêreldwye predikingswerk—van huis tot huis, in die openbaar en waar mense ook al gevind kan word. Waarom doen ons dit?

Jehovah se Getuies preek om God te verheerlik en sy naam bekend te maak (Hebreërs 13:15). Ons wil ook gehoorsaam wees aan Jesus Christus, wat die opdrag gegee het: “Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies, . . . leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.”—Matteus 28:19, 20.

Wat meer is, ons is lief vir ons naaste (Matteus 22:39). Ons besef natuurlik dat die meeste mense hulle eie godsdiensoortuigings het en dat nie almal in ons boodskap belangstel nie. Tog voel ons dat Bybelleringe lewens kan red. Dit is waarom ons “sonder ophou [voortgaan om ander] te leer en die goeie nuus oor die Christus, Jesus, bekend te maak”, soos die eerste-eeuse Christene gedoen het.—Handelinge 5:41, 42.

Die sosioloog Antonio Cova Maduro het geskryf oor “die moeite wat Jehovah se Getuies doen en dat hulle hulle selfs uitput . . . , sodat die heilige teks die uithoeke van die aarde kan bereik”.—El Universal, ’n koerant van Venezuela

Die meeste mense wat ons lektuur lees, is nie Jehovah se Getuies nie. En miljoene wat die Bybel saam met ons studeer, behoort aan ’n ander godsdiens. Hulle is nietemin dankbaar dat Jehovah se Getuies hulle besoek.

Jy het dalk nog vrae oor Jehovah se Getuies. Ons nooi jou om die antwoorde te vind deur

  • een van Jehovah se Getuies te vra

  • ons webwerf, www.ps8318.com, te besoek

  • ons vergaderinge by te woon, wat gratis is en waar almal welkom is.