Spring na inhoud

Wanneer sal die wêreld tot ’n einde kom?

Wanneer sal die wêreld tot ’n einde kom?

Die Bybel se antwoord

 Om te weet wanneer die wêreld tot ’n einde sal kom, is dit belangrik om te verstaan waarna die Bybel verwys wanneer dit die woord “wêreld” gebruik. Die Griekse woord koʹsmos, wat gewoonlik as “wêreld” vertaal word, verwys meestal na die mensewêreld, veral die deel wat nie in ooreenstemming met God en sy wil is nie (Johannes 15:18, 19; 2 Petrus 2:5). Soms verwys koʹsmos na die raamwerk van die mensegemeenskap.—1 Korintiërs 7:31; 1 Johannes 2:15, 16. a

Wat is “die einde van die wêreld”?

 Die frase “die einde van die wêreld”, wat in talle Bybelvertalings verskyn, kan ook met “die voleinding van die stelsel van dinge”, of “die einde van die mensegeslag”, vertaal word (Matteus 24:3; English Standard Version). Dit verwys nie na die vernietiging van die aarde of van die hele mensdom nie, maar na die einde van die raamwerk van die mensegemeenskap.—1 Johannes 2:17.

 Die Bybel leer dat “die kwaaddoeners uitgeroei [sal] word” sodat goeie mense die lewe op die aarde kan geniet (Psalm 37:9-11). Hierdie vernietiging sal tydens die “groot verdrukking” plaasvind, wat ’n hoogtepunt sal bereik tydens die oorlog van Armageddon.—Matteus 24:21, 22; Openbaring 16:14, 16.

Wanneer sal die wêreld tot ’n einde kom?

 Jesus het gesê: “Van daardie dag en uur weet niemand nie, nie die engele van die hemele nie en ook nie die Seun nie, maar net die Vader” (Matteus 24:36, 42). Hy het bygevoeg dat die einde op ’n onverwagse tyd sal kom, “op ’n uur waarvan julle dit nie dink nie”.—Matteus 24:44.

 Al weet ons nie wanneer die presiese dag en uur is nie, het Jesus ’n saamgestelde “teken”, of reeks gebeurtenisse, voorsien, wat die tydperk sou identifiseer wat tot die einde van die wêreld sou lei (Matteus 24:3, 7-14). Die Bybel verwys na hierdie tydperk as “die tyd van die einde” en “die laaste dae”.—Daniël 12:4; 2 Timoteus 3:1-5.

Sal daar enigiets oorbly ná die einde van die wêreld?

 Ja. Die aarde sal nog hier wees, want die Bybel sê dat niks dit “tot onbepaalde tyd of tot in ewigheid sal ... laat wankel nie” (Psalm 104:5). En die aarde sal met mense gevul word, net soos die Bybel belowe: “Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop woon” (Psalm 37:29). God sal die toestande tot stand bring wat hy oorspronklik in gedagte gehad het:

a Die Griekse woord ai·onʹ word ook in party Bybels as “wêreld” vertaal. Wanneer dit op hierdie manier vertaal word, het ai·onʹ ’n soortgelyke betekenis as koʹsmos omdat dit na die raamwerk van die mensegemeenskap verwys.