Spring na inhoud

Wat het met Jehovah se Getuies gedurende die Nazi-slagting gebeur?

Wat het met Jehovah se Getuies gedurende die Nazi-slagting gebeur?

 Omtrent 1 500 Getuies van Jehovah het gesterf gedurende die Nazi-slagting uit sowat 35 000 Getuies wat in Duitsland en Nazi-beheerde lande gewoon het. Ons weet nie presies hoe elkeen van hulle gesterf het nie. Omdat daar die heeltyd navorsing gedoen word, kan syfers en ander details oor tyd verander.

 Hoe het hulle gesterf?

  • Valbyl wat deur die Nazi’s gebruik is

      Teregstellings: Amper 400 Getuies is doodgemaak in Duitsland en ander Nazi-beheerde lande. Die meeste slagoffers het ’n verhoor gehad, die doodsvonnis gekry en hulle kop is afgekap. Ander is geskiet of gehang sonder ’n formele verhoor.

  •   Verskriklike toestande in aanhouding: Meer as 1 000 Getuies het in Nazi-konsentrasiekampe en tronke gesterf. Hulle is gedwing om so hard te werk dat hulle doodgegaan het of hulle het gesterf omdat hulle gemartel is, uitgehonger is, verkluim het, siek geword het of slegte mediese sorg gekry het. Omdat hulle so sleg behandel is, het party gesterf kort nadat hulle aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog vrygelaat is.

  •   Ander oorsake: Party Getuies is in gaskamers doodgemaak of party is dood nadat dokters op hulle geëksperimenteer het of nadat hulle ingespuit is met dodelike middels.

 Hoekom is hulle vervolg?

 Jehovah se Getuies is vervolg omdat hulle gehoorsaam is aan wat die Bybel leer. Toe die Nazi’s aangedring het dat die Getuies moet doen wat die Bybel sê verkeerd is, het die Getuies geweier om dit te doen. Hulle het gekies om “eerder aan God as heerser gehoorsaam [te] wees as aan mense” (Handelinge 5:29). Kom ons kyk na twee gebiede waar hulle hierdie keuse gemaak het.

  1.   Hulle het polities neutraal gebly. Soos Getuies in alle lande vandag, was Jehovah se Getuies wat gebly het in plekke wat onder Nazi-beheer was, neutraal as dit by politieke sake gekom het (Johannes 18:36). Daarom het hulle geweier om

  2.   Hulle het hulle geloof beoefen. Al is Jehovah se Getuies verbied om hulle geloof te beoefen, het hulle aangehou om

 Professor Robert Gerwarth het gesê dat Jehovah se Getuies “die enigste groep in die Derde Ryk was wat vervolg is as gevolg van hulle godsdiensoortuigings.” a Mense wat saam met Jehovah se Getuies in konsentrasiekampe was, het hulle bewonder vir hulle ferm standpunt. Een gevangene van Oostenryk het gesê: “Hulle gaan nie oorlog toe nie. Hulle sal eerder self doodgemaak word as om enigiemand anders dood te maak.”

 Waar het hulle gesterf?

  •   Konsentrasiekampe: Die meerderheid van Jehovah se Getuies het in konsentrasiekampe gesterf. Hulle is aangehou in kampe soos Auschwitz, Buchenwald, Dachau, Flossenbürg, Mauthausen, Neuengamme, Niederhagen, Ravensbrück en Sachsenhausen. Daar is bevestig dat net in Sachsenhausen het omtrent 200 Getuies van Jehovah gesterf.

  •   Tronke: Party Getuies is in tronke tot die dood gemartel. Ander het gesterf as gevolg van wat aan hulle gedoen is toe hulle ondervra is.

  •   Plekke van teregstellings: Jehovah se Getuies is hoofsaaklik in tronke soos Berlyn-Plötzensee, Brandenburg en Halle/Saale tereggestel. Daar is bewys dat daar sowat 70 ander plekke was waar Getuies doodgemaak is.

 Party wat doodgemaak is

  •  Naam: Helene Gotthold

     Plek van teregstelling: Plötzensee (Berlyn)

     Helene, ’n getroude vrou en ma van twee kinders, is meer as een keer gearresteer. In 1937 is sy so sleg mishandel toe hulle haar ondervra het dat sy haar ongebore baba verloor het. Op 8 Desember 1944 is haar kop met ’n valbyl afgekap in Plötzensee-tronk, Berlyn.

  •  Naam: Gerhard Liebold

     Plek van teregstelling: Brandenburg

     Twintigjarige Gerhard se kop is op 6 Mei 1943 afgekap, twee jaar nadat sy pa op dieselfde manier in die dieselfde tronk doodgemaak is. Hy het in sy afskeidsbrief aan sy familie en verloofde geskryf: “Sonder die krag van die Here sou ek nie hierdie paadjie kon geloop het nie.”

  •  Naam: Rudolf Auschner

     Plek van teregstelling: Halle/Saale

     Rudolf was net 17 jaar oud toe sy kop afgekap is op 22 September 1944. In sy afskeidsbrief aan sy ma het hy geskryf: “Baie broers het hierdie paadjie geloop, en ek sal ook.”

a Hitler’s Hangman: The Life of Heydrich, bladsy 105.