Spring na inhoud

Fotogalery 8 van Brittanje (Maart tot Augustus 2019)

Fotogalery 8 van Brittanje (Maart tot Augustus 2019)

In hierdie fotogalery sal ons sien hoe die konstruksie by die nuwe takkantoor van Jehovah se Getuies in Brittanje tussen Maart en Augustus 2019 gevorder het.

  1. Noordelike Produksiegebou (Videoproduksie)

  2. Suidelike Produksiegebou (Instandhouding en Dienste)

  3. Kantoorgebou

  4. Woongebou A

  5. Woongebou B

  6. Woongebou C

  7. Woongebou D

  8. Woongebou E

  9. Woongebou F

5 Maart 2019 – Kantoorgebou

’n Werker isoleer verhittingspype in die ketelkamer.

29 Maart 2019 – Suidelike Produksiegebou

Werkers lê teëls teen die stortmure in die kleedkamers.

10 April 2019 – Kantoorgebou

’n Werker installeer ’n raamwerk van weerligafleiers om die gebou teen weerligstrale te beskerm. Vir veiligheid dra die werker ’n harnas wat aan die dak vasgemaak is.

16 April 2019 – Kantoorgebou

Vensters word gewas en voorberei vir veiligheidsplakkers. Die plakkers maak die glas meer sigbaar sodat mense nie per ongeluk daarteen vasloop nie.

23 April 2019 – Woongebou A

’n Werker gebruik ’n kamera om te kyk of pas geïnstalleerde pype reg is om te gebruik.

23 April 2019 – Kantoorgebou

Houtwerkers installeer houtpanele teen die mure van ’n saal wat as ’n eetsaal, ouditorium en vir spesiale geleenthede gebruik sal word.

14 Mei 2019 – Woongebou B

Inheemse struike word teen ’n stutmuur geplant.

14 Mei 2019 – Woongebou A

Werkers installeer ’n balkon wat van glas gemaak is. Hierdie glas beskerm inwoners sonder om lig of ventilasie te keer.

21 Mei 2019 – Kantoorgebou

Beligting word buite die ontvangsarea geïnstalleer.

11 Junie 2019 – Noordelike Produksiegebou

’n Werker gebruik ’n metaalskêr om ventilasiekanale te sny sodat dit die regte grote is.

17 Junie 2019 – Kantoorgebou

Bome word geplant en paadjies word voorberei. Links is die saal wat gebruik sal word as ’n eetsaal, ouditorium en vir ander spesiale geleenthede. Woongebou A kan in die agtergrond gesien word.

24 Junie 2019 – Woongebou A

’n Ingenieur installeer ’n deel van ’n besproeiingstelsel om brande te blus.

9 Julie 2019 – Kantoorgebou

Die grond word voorberei om gras te saai. In die agtergrond word vensters gewas met pype wat verstel kan word.

9 Julie 2019 – Noordelike Produksiegebou

’n Vloer word gelê met ’n mengsel wat self gelyk word. ’n Spesiale soort hark word gebruik om ’n gelyke laag van die mengsel op te sit. ’n Roller met skerp puntjies word gebruik om lugborreltjies te verwyder.

24 Julie 2019 – Kantoorgebou

’n Vinielvloer word gelê in die saal wat gebruik sal word as die eetsaal, ouditorium en vir spesiale geleenthede. Teen die agterste muur, waar die verhoog sal wees, is televisieskerms teen akoestiese panele vasgesit.

26 Julie 2019 – Noordelike Produksiegebou

’n Houtwerker is besig met die afwerking van die grimeerkamer langs die video-ateljee.

1 Augustus 2019 – Noordelike Produksiegebou

Houtwerkers installeer kantoorafskortings wat geskuif kan word. Dit maak dit moontlik om die uitleg van kantore te verander.

1 Augustus 2019 – Noordelike Produksiegebou

’n Kontrakteur sit raamwerke van staal vas aan mekaar in die video-ateljee. Hieraan kan toerusting soos ligte en kameras gehang word.

15 Augustus 2019 – Takkantoorbouterrein

Lugfoto vanuit die noorde. Aan die linkerkant is Woongebou B, C, D, E en F wat klaar gebou is. In die middel is Woongebou A wat amper klaar is en die Kantoorkompleks wat reeds klaar gebou is. Aan die regterkant is die Suidelike Produksiegebou en die Noordelike Produksiegebou wat amper klaar is. Intussen is hulle nog besig om tuine aan te lê oor die hele terrein.

26 Augustus 2019 – Kantoorgebou

Die gedeelte agter die ontvangsarea word geteël. Die skadutente in die agtergrond bied tydelike beskerming teen die son terwyl die teëls wat pas gelê is, skoongemaak word.