Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

INDONESIË

Gehoorsaamheid het ons lewe gered!

Blasius da Gomes

Gehoorsaamheid het ons lewe gered!
  • GEBORE 1963

  • GEDOOP 1995

  • PROFIEL ’n Ouer man wat liefdevol na die kudde omgesien het gedurende godsdienskonflik op Ambon, wat deel is van die Maluku-eilande.

OP 19 Januarie 1999 het toenemende vyandigheid tussen Moslems en Christene aanleiding gegee tot geweld omtrent drie kilometer van my huis af. Die situasie het groot chaos veroorsaak. *

Nadat ek seker gemaak het dat my familie veilig is, het ek ander verkondigers gebel om seker te maak dat hulle ook veilig is. Ek het hulle aangespoor om kalm te bly en gevaarlike plekke te vermy. Later het die ouer manne die kudde besoek om hulle geestelik te versterk en hulle aan te spoor om in klein groepe vir aanbidding bymekaar te kom.

In ooreenstemming met die takkantoor se riglyne het ons alle verkondigers wat in gevaarlike gebiede gewoon het, aangespoor om dit te ontruim. ’n Broer wat geweier het om te luister, is later deur ’n gewapende skare doodgemaak. Maar almal wat die takkantoor se riglyne gevolg het, het oorleef.

^ par. 1 Die konflik het meer as twee jaar regoor die provinsie Maluku gewoed, en tienduisende mense moes hulle huise verlaat.