Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

INDONESIË

Ons het geweier om ons geloof prys te gee

Daniel Lokollo

Ons het geweier om ons geloof prys te gee
  • GEBORE 1965

  • GEDOOP 1986

  • PROFIEL ’n Spesiale pionier wat standvastig gebly het ondanks vervolging.

OP 14 April 1989, terwyl ek ’n vergadering in die dorp Maumere, op Floreseiland, gehou het, het regeringsamptenare in die huis ingestorm en my en drie ander in hegtenis geneem.

Die wagte by die plaaslike tronk het ons probeer dwing om die vlag te salueer. Toe ons geweier het, het hulle ons geslaan en geskop en ons gedwing om vyf dae in die skroeiende son te staan. Ons het snags op die harde sementvloer van ons klein tronkselle gelê en bewe—vuil, uitgeput en in pyn weens ons wonde. Die tronkbewaarder het ons herhaaldelik probeer kry om ons geloof prys te gee, maar ons het geantwoord: “Al beteken dit ons dood, ons sal die vlag nie salueer nie.” Soos tallose Christene voor ons, het ons bevoorreg gevoel om “ter wille van regverdigheid [te] ly”.—1 Pet. 3:14.