Spring na inhoud

Wat is die hemel?

Wat is die hemel?

Die Bybel se antwoord

 In die Bybel verwys die woord “hemel” na drie basiese dinge: (1) die fisiese hemele; (2) die geesteryk; en (3) ’n simbool van ’n hoë of verhewe posisie. In elke geval help die konteks ons om die regte betekenis vas te stel. a

  1.   Die fisiese hemele. In hierdie sin verwys “die hemele” na die aarde se atmosfeer waar die winde waai, die voëls vlieg, reën en sneeu in die wolke gevorm word en die weerlig flits (Psalm 78:26; Spreuke 30:19; Jesaja 55:10; Lukas 17:24). Dit kan ook na die buitenste ruimte verwys, die plek waar “die son en die maan en die sterre” is.—Deuteronomium 4:19; Genesis 1:1.

  2.   Die geesteryk. Die term “hemel” verwys ook na die geestelike hemele, of geesteryk, ’n bestaansryk hoër as en buite die fisiese heelal (1 Konings 8:27; Johannes 6:38). Hierdie geestelike hemele word bewoon deur Jehovah God, wat “’n Gees” is, asook deur die geesskepsele, of engele, wat hy geskep het (Johannes 4:24; Matteus 24:36). Soms word daar na “die hemele” as ’n persoon verwys om die getroue engele voor te stel, “die gemeente van die heiliges”.—Psalm 89:5-7.

     Die Bybel gebruik ook “hemele” om spesifiek te verwys na die deel van die geesteryk waar Jehovah woon, dit wil sê sy “woonplek” (1 Konings 8:43, 49; Hebreërs 9:24; Openbaring 13:6). Die Bybel het byvoorbeeld voorspel dat Satan en die demone uit die hemel gegooi sou word en nie meer toegelaat sou word om in Jehovah se teenwoordigheid te wees nie. Maar hulle sou in die geesteryk bly.—Openbaring 12:7-9, 12.

  3.   ’n Simbool van ’n hoë of verhewe posisie. Die Bybel gebruik “hemel” om ’n verhewe posisie voor te stel, gewoonlik in verband met gesag om te regeer. So ’n posisie kan beklee word deur:

Hoe is dit in die hemel?

 Die geesteryk is vol bedrywighede. Daar woon honderdmiljoene geesskepsele “wat [Jehovah se] woord uitvoer”.—Psalm 103:20, 21; Daniël 7:10.

 Die Bybel beskryf die hemel as ’n helder verligte plek (1 Timoteus 6:15, 16). Die profeet Esegiël het ’n visioen gehad waarin die hemel vol “helder lig” was, terwyl die visioen wat Daniël van die hemel gehad het, ’n “stroom vuur” ingesluit het (Esegiël 1:26-28, NW; Daniël 7:9, 10). Die hemel is heilig, of rein, en pragtig.—Psalm 96:6; Jesaja 63:15; Openbaring 4:2, 3.

 Die Bybel gee oor die algemeen die indruk dat die hemel ontsagwekkend is (Esegiël 43:2, 3). Maar dit is nie vir mense moontlik om die hemel, of die geesteryk, ten volle te begryp nie.

a Die Hebreeuse woord wat met “hemel” vertaal word, kom van ’n grondwoord wat “hoog” of “verhewe” beteken (Spreuke 25:3). Sien The New Brown, Driver, and Briggs Hebrew and English Lexicon of the Old Testament, bladsy 1029.

b McClintock en Strong se Cyclopedia sê dat die nuwe hemele in Jesaja 65:17 toon dat daar “’n nuwe regering, nuwe koninkryk” sal wees.—Deel IV, bladsy 122.